VIR JOU SLIMKOP
Vodacom se platform, Video Play, bevat kinderinhoud wat kort animasies, liedjies en videoboeke insluit. Hoewel dit nie in Afrikaans is nie, is daar opvoedkundige materiaal vir jou slimkop soos Science Max, Thomas Edison’s Secret Lab, When I Grow Up en Mysteries of Evolution (Da Vinci). Vir jou jonger kind is daar ook oulike video’s soos Seven Little Monsters en Rita and The Crocodile. Gaan na videoplay.co.za om te registreer.
DOEN VEILIG INKOPIES
Sandton City in Johannesburg het ’n eksklusiewe babaversorgingsarea langs Checkers Hyper ingerig. Jy kan daar borsvoed, jou kind se kos verhit en doeke ruil. Daar is ook ’n gesinstoilet en speelplek. Die babaversorgingsarea word veilig gehou deur ’n geslotekringtelevisie-stelsel en ’n streng intekenproses. Sandton City bied ook ’n “Secure a Child”-stelsel waar jou kinders ’n…