Soos grondtemperature afkoel, kan jy begin om jou herfs-saaiwerk met erns aan te pak. Alle lede van die madeliefie-familie, soos die Namakwaland-madeliefie, Livingstone-madeliefie, ursinia en bokbaaivygies, kan nou direk gesaai word. Onthou om ook Virginiese vilette-en linaria-sade te saai.
Hou die grond net klam totdat ontkieming plaasvind en beskerm die ontluikende sade met voëlnet.
Kleur vir later
Beplan jou winter-en lente-kleurvertonings. Dit is ‘n perfekte tyd om saailinge uit te plant, en die keuse is eindeloos: papawers, gesiggies, nemesias, bellis perennis, leeubekkies, vingerhoedjies en vilette vir son, en Primula malacoides en Pericallis x hybrida (cineraria) vir skaduryke areas.
Wenke
● Vilette hou van ‘n ligte laag kalk.
● Yslandse papawers haat kalk en moenie naby vilette geplant word nie.
● Plant ‘n paar ekstra pericallis (cineraria) in potte om op…
