Dís die vraag wat besighede vroeër of later vra – dikwels tot die ergernis van besige bestuurders wat Twitterboodskappe beskou as iets wat tweederangse BBP’s doen. En, soos Facebook, Google+, LinkedIn, Instagram en ander platforms, lyk dit na ’n al hoe duurder oefening.
Tog genereer sommige maatskappye hoë vlakke van betrokkenheid uit Twitter-veldtogte. FNB is ’n voorbeeld van plaaslike korporatiewe sukses op dié platform. MTN het ook al heelwat sukses behaal.
Katie Lampe, Twitter se hoof van verkoopsbedrywighede vir Europa, die Midde-Ooste en Afrika, sê ongeag of besighede op Twitter is of nie, sal “Twitter-gebruikers oor hulle praat”.
“Besighede het die keuse om deel te neem,” verduidelik sy. “As die gesprek negatief is, kan maatskappye Twitter-gebruikers se menings beïnvloed, dikwels net deur te wys dat hulle luister.”
Jared Carneson, digitale…