KYK UIT VIR MOXIMA GAMA OP FINWEEK MONEY MATTERS OP CNBC AFRICA ELKE VRYDAG OM 13:00.
Die handelsmerk-verbruikersgoederegroep AVI sukkel ná ’n lopie van 40% wat in die laaste kwartaal van verlede jaar begin het. Snaaks genoeg het die weeklikse Indeks van Relatiewe Sterkte (IRS) tóé negatief begin afwyk. Dus was die tekens van swakheid nog altyd duidelik, en met ’n stroomop benadering sou jy met die styging verkoop het. Nogtans sal sy rigting nou beter perspektief bied.
AVI vervaardig, verwerk, bemark en versprei handelsmerk-verbruikersgoedere in die voedsel-, drank-, skoeisel-, klerasie- en kosmetieksektor in Suid-Afrika. Die Entyce-segment verkoop tee-, koffie- en verromerprodukte aan die buitenshuise verbruikersmark, waaronder lughawens, hotelle, spyseniers, restaurante en maatskappye. Sy handelsmerke sluit in Five Roses, House of Coffees, Ciro en Lavazza. Van sy ander afdelings is…