KYK UIT VIRv MOXIMA GAMA OP FINWEEK MONEY MATTERS OP CNBC AFRICA ELKE VRYDAG OM 13:00. Ná ’n konsolidasie van ses maande kan die aandeelprys van Reinet Investments, die spesialisbeleggingsbeheermaatskappy wat deur Johann Rupert beheer en bestuur word, uiteindelik in die nabye toekoms uit sy huidige prysbestek breek.
Reinet, wie se vernaamste aandeelhouding ’n belang in British American Tobacco (BAT) is, is ’n gespesialiseerde beleggingsfonds wat in Luxemburg en op die JSE genoteer is. Sy hoofkantoor is in Luxemburg. Terwyl Reinet fokus op die diversifisering van sy beleggingsportefeulje, het BAT op 31 Maart steeds sowat 70,5% van sy netto batewaarde verteenwoordig, vergeleke met 72,8% ’n jaar vroeër. Hy belê in ’n verskeidenheid bateklasse, soos genoteerde en ongenoteerde aandele, effekte, eiendom en afgeleide instrumente.
Reinet, wat in 2008 gestig is om Richemont…