ons doel is om kliënte te bemagtig om gebruikte voertuie moeiteloos te koop en verkoop,” het CarZar se medestigter en mede- besturende direkteur, Fernando Azevedo Pinheiro, aan finweek gesê. Met eerstehandse ervaring van die slaggate en probleme wat gepaard gaan met die verkoop van ’n tweedehandse motor in Suid-Afrika het Pinheiro, ’n Brasilianer van geboorte, besluit daar moet ’n beter, makliker manier wees om hierdie transaksie te doen.
Toe hy sy motor wou verkoop, kon hy nie ’n enkele handelaar vind in Kaapstad, waar hy woon, wat dit wou koop nie. Toe hy uiteindelik daarin geslaag het om daarvan ontslae te raak, was dit vir veel minder as wat dit werd was – en die aanbod het gekom van ’n Johannesburgse handelaar.
Ná ’n ontmoeting met Michael Muller, gesamentlike besturende…