die goeie nuus dié kwartaal is dat die plaaslike en die wêreldekonomie ietwat beter voorkom as ’n jaar gelede, met die plaaslike situasie wat ’n hupstoot gekry het deur hoër kommoditeitspryse, die einde aan die knellende droogte, ’n stabiele rand, laer inflasie en die verwagting van laer rentekoerse in die tweede helfte van 2017.
Aan die wêreldfront, soos Johann Els, ’n senior ekonoom by Old Mutual, aandui, het groei sedert 2015 beduidend toegeneem, al was dit steeds stadig. Dit is verblydend dat ons hoër gesinchroniseerde groei, gelei deur Amerika, Japan, China en gekose ontluikendemarkekonomieë, sien.
Natuurlik word Suid- Afrika steeds geteister deur politieke onsekerheid, maar talle beskou dit as ’n betreklik goeie storie vergeleke met dié van baie van sy portuurgroep.
In hierdie uitgawe benadruk Allan Gray se Tamryn Lamb…
