i nternasionale tegnologiegroep Datatec se aandeelprys het skerp gestyg ná ’n aankondiging dat hy ’n aanbod van meer as $800 miljoen ontvang het – byna die waarde van die groep se markkapitalisasie – vir ’n groot deel van sy Westcon-Comstor-besigheid.
Datatec, met bedrywighede in meer as 60 lande in Noord- Amerika, Latyns-Amerika, Europa, Afrika, die Midde-Ooste en die Asië-Stille Oseaan-gebied, bestaan uit drie kernsake-eenhede: Westcon-Comstor, ’n tegnologieverspreider van sekuriteits-, samewerkings-, netwerk- en datasentrumoplossings; Logicalis, wat internasionale tegnologieoplossings en bestuursdienste bied; en konsultant- en finansiële dienste. In die tussentydse resultate tot einde Augustus verlede jaar was Westcon verantwoordelik vir 75% van groepinkomste. (Sien ook bladsy 21.)
In ’n handelsverklaring van 7 April waarsku Datatec beleggers dat wesensverdienste per aandeel in die jaar tot einde Februarie na verwagting meer as 50% laer…
