p an African Resources het gesê hy sal goud waarskynlik nie verskans as deel van sy planne om die Elikhulu- bogrondse uitskotherbewerkingsaanleg te finansier nie – dit is ’n projek van R1,65 miljard waarvoor hy onlangs R705 miljoen verkry het deur middel van ’n aandele-uitreiking. Die oorblywende bedrag sal gefinansier word deur ’n skuldpakket van R1 miljard by Rand Merchant Bank (RMB).
“Ons onderhandel nog oor die regsaspekte met RMB, maar ek dink nie verskansing maak sin nie,” het Cobus Loots, Pan African se uitvoerende hoof, gesê. “Elikhulu is in die laagste kostekwartiel, en sal gou ’n verlies toon as ons hom verskans,” het hy gesê.
Aangesien die sewejaarlening by RMB nie vir die eerste twee jaar terugbetaalbaar is nie, sal Pan African ook sy R565 miljoen in netto skuld…
