dit is ’n aankondiging wat menige goed bedoelende ouer al na asem laat snak het: “Pa, ma, ek wil ’n musikant word.” Dit lyk egter asof ouers se vrees dat hul skeppend georiënteerde kind permanent op die broodlyn, of in hul gastekamer, gaan eindig, ongegrond kan wees.
Data wat die Suid-Afrikaanse kultuurwaarnemingsgroep Saco onlangs saamgestel het, dui daarop dat die skeppende ekonomie ongeveer R90 miljard, of 2,9%, tot die land se BBP bydra – gelykstaande met internasionale gemiddeldes, wat luidens ’n 2015-studie deur die professioneledienstemaatskappy EY op 3% staan. Saco, ’n projek van die departement van kuns en kultuur, is ’n nasionale dinksentrum wat op die monitering, kartering, meting en evaluering van Suid-Afrika se kulturele en skeppende ekonomie fokus.
Die skeppende ekonomie, wat geag word die somtotaal te wees van…
