v ir baie mense is toegang tot elektrisiteit nie so eenvoudig soos die druk van ’n skakelaar nie. In Kenia, Uganda en Tanzanië het slegs een derde van die inwoners toegang tot elektrisiteit – die oorblywende twee derdes gebruik lampolie om hul huise te verlig, volgens Chad Larson, medestigter van die onafhanklike sonkragmaatskappy, M-KOPA.
Larson het telefonies vanaf Nairobi aan finweek verduidelik dat die sakemodel waarmee hy en sy medestigters, Nick Hughes en Jesse Moore, in 2010 vorendag gekom het, sonkrageenhede aan klante in dié drie lande in Oos-Afrika voorsien.
M-KOPA verkoop sonkragstelsels aan huiseienaars volgens ’n afbetalingsplan, wat deur middel van die M-Pesa- mobiele geldstelsel geskied. Klante betaal ’n deposito van $30, gevolg deur 400 daaglikse betalings van $0,50, verduidelik Larson. “Nadat die afbetalingstydperk verstryk het, besit hulle hul…
