“Ander is nie eens boere nie. Hulle het nie eens ’n kat nie.” - Doctor Radebe, ’n voormalige DA-raadslid in Vrede, lewer kommentaar in ’n onderhoud met The New York Times oor die lys, wat inderhaas saamgestel is, van beoogde bevoordeeldes van die omstrede Vrede-melkplaasprojek, waaruit 100 ontluikende boere kastig voordeel moes trek. Volgens die projek is grond in staatsbesit ingevolge ’n gratis 99-jaarhuurkontrak in 2013 aan die Gupta-gekoppelde Estina verhuur. Die Gupta-onthullings het in 2017 getoon hoe minstens R30 miljoen, wat deur middel van die plaas aan die Guptas betaal is, gebruik is om in 2013 vir die familie se Sun City-troue te betaal, het news24.com berig. Die Valke het die saak sedertdien ondersoek en mense is gearresteer.
“ABSOLUTE BOG EN HEELTEMAL IRRASIONEEL.” − Só het advokaat Paul Kennedy…
