die wêreld- internet- en vermaaklikheidsgroep, Naspers* is in meer as 120 lande bedrywig en het talle bates, insluitend maatskappye soos Media24, MultiChoice, OLX, takealot en Delivery Hero. Sy grootste bate is ’n belang van 31,2% in die Chinese internetreus, Tencent.
Naspers toon ’n bestendige bultendens sedert 2013, en het verlede jaar ’n hoogtepunt van R4 143 per aandeel bereik.
Vooruitsig: Nadat hy die hoogtepunt van R4 143 per aandeel bereik het, het Naspers sy groot bultendens reggestel in ’n beerkanaal tot by ’n steunpunt van R2 855.
Hy het in Maart sy belang in Tencent van 34% tot 31,2% verminder en $9,8 miljard verkry. Hy het ook sy belang van 11,18% in die Indiese e-handelmaatskappy, Flipkart, vir $2,2 miljard aan Walmart verkoop. Naspers het sedert sy aanvanklike belegging in 2012…
