Alledaagse Zoeloe
Melusi Tshabalala se Zoeloe-lesse op Facebook is ’n daaglikse hoogtepunt. Hier verduidelik hy die gebruik van woord “popeye”, na dese ook Duwweltjie se woord van die jaar*:
Vandag se bonuswoord is heel toepaslik. Die woord is Popeye – die beskermer van die tingerige Olive Oyl, Popeye – spinasie-eter by uitstek, die pleegvader van Swee’pea, Popeye – die Nemesis van Brutus, Popeye – die matroos – toet toet.
Popeye is lank reeds ’n belangrike deel van swart Suid-Afrikaners se woordeskat. Dit word alledaags gebruik, nie net in Zoeloe nie, as die woord vir strokiesprente, prenteverhale, animasie, videospeletjies en grafiese storieboeke. Van Miekie Muis tot Dennis The Menace en Superman, tot Sin City en Explainer-video’s, tot die Bafanas, en Madam & Eve – is hulle almal amapopeye/ opopeye.
‘ama’ en…