die nuus dat die Suid-Afrikaanse ekonomie, ná groei van 1,3% in die eerste kwartaal van vanjaar, in die tweede kwartaal met ’n geannualiseerde 1,3% gedaal het, was nie net verbasend nie maar ook teleurstellend. Maar, as dit enige troos is, was dit nie net by ons wat dit gebeur het nie. In dieselfde tydperk het verskeie ander soortgelyke ekonomieë ook negatiewe groei aangeteken. Brasilië se ekonomie het met ’n geannualiseerde 7,2% gekrimp, Rusland met 6,7%, Taiwan met 6,6%, Singapoer met 4% en Kanada met 0,5%. Kommoditeitsprodusente in Afrika suid van die Sahara groei ook stadiger.
Ontluikende ekonomieë (OE’s), en in die besonder kommoditeitsprodusente, het in die afgelope 12 maande onder twee internasionale tendense gely. Die merkbare verlangsaming in China se ekonomiese groei is dalk die belangrikste bron van swakheid. Maar…
