nadat hy in Januarie ’n belang van 85% in die Britse modekleinhandelaar Phase Eight vir R2,6 miljard verkry het, het TFG nou 2 724 winkels in 27 lande. Hy het ook na kinderklere uitgebrei en in Augustus sy eerste Soda Bloc-winkel in Kaapstad oopgemaak. Van sy ander handelsname is die klerekleinhandelaars Foschini, DonnaClaire, Exact en Markham, die sportdraggroepe Totalsports, Sportscene en Duesouth, en die juweliersgroepe American Swiss en Sterns.
Verdere uitbreiding in die res van Afrika, waar hy tans 148 winkels in sewe lande, hoofsaaklik Namibië, Botswana, Swaziland en
Zambië, besit, is ’n sleutelfokusterrein vir TFG. Die groep beplan om 375 winkels teen 2020 in die res van Afrika te hê. Hy het die afgelope jaar 29 winkels in Afrika geopen, waaronder vyf in Ghana. Sy toetrede tot Nigerië word…
