Prysoorloë en meedinging na intekenare is ou uitdagings vir selfoon-operateurs in Suid-Afrika. Met pryse wat afplat, het die gehalte, beskikbaarheid en spoed van die netwerk al hoe dringender aangeleenthede geword. Volgens MyBroadband, het Vodacom tans die beste stem- en datanetwerk in die land, gegrond op netwerkdekking, oproepgehalte en die prestasie van die mobiele-datanetwerk.
Die groep het stewige groei in data-inkomste aangekondig, wat in die ses maande tot einde September met 33,5% gestyg het, met datagebruikers wat tot 28,3 miljoen toegeneem het. In Suid-Afrika het LTE/4G-dekking van 32,2% tot 46,8% van die land uitgebrei, het die uitvoerende hoof, Shameel Joosub, tydens die bekendstelling van die resultate op 9 November gesê.
“Ons LTE/4G-klante in Suid-Afrika, wat nou na aan twee miljoen is, gebruik bykans drie keer meer data as 3G-klante,” het Joosub…
