die beleggingsbeheer-maatskappy Remgro, onder voorsitterskap van Johann Rupert, is bekend as ’n bestendige firma onder goeie bestuur, met ’n bewese prestasie van waardeontsluiting vir aandeelhouers. Remgro belê in firmas wat deur goeie bestuurspanne en geloofwaardige groeivooruitskattings ondersteun word.
Remgro het ’n belang van 44,6% in Mediclinic International. Ander beleggingsbates sluit aandele in Rand Merchant Insurance Holdings (RMI), Rand Merchant Bank Holdings (RMB), FirstRand, Grindrod, Distell en RCL Foods in.
Vooruitsig: Mediclinic, wat op 52% laer as sy hoogtepunt verhandel, dra tot Remgro se onderprestasie van die afgelope jare by. Hy verhandel tans in ’n dalende kanaal wat in 2015 begin het, nadat ’n nuwe hoogtepunt op 28 445 sent gevorm het. Hy het op die onderste helling van sy dalende kanaal teruggespring, maar kry weerstand op 21 935 sent. Om…
