naspers*, ’n internet-en vermaaklikheidsgroep, bestuur of belê in van die wêreld se voorste internet-, videovermaak-en mediaplatforms. Belangrike beleggings sluit in Tencent en Mail.ru, afsonderlik in Hongkong en Londen genoteer.
Naspers se markkapitalisasie is R1,28 duisend miljard, meer as 20% van die markwaarde op die JSE. Sy verkorte gekonsolideerde tussentydse verslag vir die halfjaar tot 30 September word op 30 November, na ter perse gaan, vrygestel.
Vooruitsig: Verlede November het Naspers se aandeelprys, ná ’n hoogtepunt, begin daal. Ondanks ’n effense herstel in Maart kon Naspers nie die winste behou nie, met die vorming van dalende toppunte, ’n teken van dalende beleggerbelangstelling. Tencent se opwaartse momentum het vasgehaak nadat hy ’n kwart van sy aandeelhouerswaarde van R3,2 duisend miljard verloor het weens flou verdienste uit vertraagde monetisering van nuwe speletjies, asook…
