maatskappye is maatskaplike strukture. Alle take binne hierdie strukture is onderling verbind en interafhanklik. Hulle is soos die speke van ’n groot wiel – as een breek, maak dit dinge moeiliker vir ander, en selfs gevaarlik.
Die impak van werkafwesigheid – in al sy vorms – is betekenisvol vir die besigheid se netto wins, en diegene wat dit veronagsaam, doen dit op eie risiko, sê Martin Neethling, hoof van Sanlam Health.
Die verlies aan produktiwiteit as gevolg van werkafwesigheid, sowel as afwesige teenwoordigheid, kos maatskappye jaarliks miljarde rande. Daar is geen maklike manier om dit te verminder nie, waarsku hy.
Goedgekeurde afwesigheid word gedek in ons arbeidswetgewing in gevalle van jaarlikse verlof, siekteverlof, vaderskap-en kraamverlof. Ongoedgekeurde wegblyery kan egter tot afdanking lei.
Maar wat van doelbewuste afwesigheid?
Suid-Afrika se arbeidswetgewing…
