die politieke deurmekaarspul in Papoea-Nieu-Guinee (PNG) beteken waarskynlik maar min vir Harmony Gold die gemiddelde Suid-Afrikaanse belegger, maar dit maak wel saak vir Mining (Harmony), wat ’n multimiljarddollar-koper-goudmyn in dié land in die Stille Oseaan wil bou.
Met die skryf hiervan, lyk dit of PNG se eerste minister, Peter O’Neill, van plan verander het en besluit het om nie uit te tree ten gunste van sy benoemde opvolger, sir Julius Chan, soos hy vroeër in Mei gesê het hy sou nie. Sir Chan het in elke geval sy rug op die premierskap gekeer.
Soos enige mynmaatskappy weet, is ontevredenheid in ’n land nie bevorderlik vir sake nie, veral nie vir die onderneming wat Harmony beoog nie: dieWafi-Golpu-kopergoudmyn kan volgens ’n uitvoerbaarheidstudie in 2018 tot $2,82 miljard in aanvanklike kapitaalbesteding tot…
