STEINHOFF INTERNATIONAL
R1,2 miljard
Steinhoff International se pogings om aan “vorige gebreke” (rekeningkundige onreëlmatighede) aandag te gee, die groep te stabiliseer, en sy finansiële herstrukturering te voltooi, het tot adviesgelde van €82 miljoen (R1,2 miljard teen die huidige wisselkoers) gelei, sê die groep in sy geouditeerde resultate vir die ses maande tot 31 Maart vanjaar. Dit sluit in €11 miljoen (sowat R171 miljoen) wat met die forensiese ondersoek en tegniese rekeningkundige ondersteuning verband hou, en €30 miljoen (sowat R467 miljoen) vir kredieteuradviseursgelde. Die maatskappy sê “die professionele tariewe sal na verwagting beduidend bly totdat die herstruktureringsplan afgehandel en ingestel is”.
ZIMBABWE SE INFLASIE
175,66%
Zimbabwe se inflasiekoers op ’n jaargrondslag vir Junie soos gemeet met die verbruikersprysin-deks vir alle items, het tot 175,66% gestyg, of byna dubbel die 97,75% in…
