– ’n Beleggingsontleder oor die beplande regte-uitgifte deur Lonmin, sy derde in ses jaar, aan Business Day. Aandeelhouers van dié sukkelende platinummynmaatskappy sou op 19 November oor die reddingsboei van $407 miljoen (R5,8 miljard) stem (nadat finweek reeds by die drukker is). (Sien ook bl. 11.)
“Talle beleggers het na die omgewing in Suid-Afrika gekyk en gesien dat hulle geleenthede hier kan vind.”
– Die minister van handel en nywerheid, Rob Davies, tydens ’n mediavoorligting oor die kontroversiële Wetsontwerp op die Bevordering van Beleggings, wat beoog om die bilaterale beleggingbeskermingsverdragte te vervang wat Suid-Afrika met ’n aantal Europese lande begin kanselleer het. Terwyl kritici van die wetsontwerp gesê het dit gaan belegging ontmoedig omdat dit nie dieselfde mate van beskerming as die verdragte bied nie, het Davies gesê beleggers word…
