DIE wêreld se vier grootste kosstreke, die Mediterreense gebied, Noord-Afrika en die Midde-Ooste, die Verre Ooste en Indië, het elk prominente geure en werk met spesifieke bestanddele, kruie en speserye om hul kos uniek te maak. In ons derde aflewering kyk ons na die geurprofiel van Oos-Asië. Soja-en vissous, gemmer, wasabi, klappermelk, koljanderblare en lemmetjies is van die gewildste geurmiddels in lande soos China, Taiwan, Japan en Thailand. Beproef ons resepte vir sop, roerbraai, kerrie en soet-suur vark.
Week drie
OOSTERSE PROFIEL
PROTEÏEN
Rooivleis vark (veral ribbetjie, lies en filet)
Vis en seekos salm, tuna, krap, calamari, inkvis, steurgarnale
Pluimvee hoender, eend
Hoendereiers Tofoe (sojaboonwrongel)
STYSEL
Rys jasmyn, soesji, basmati
Noedels rys, eier, mungboontjie, ramen, oedon
Ander wontondeeg (deegsoort waarvan onder meer fortuin koekies gemaak word), ryspapier
GROENTE EN VRUGTE…
