Die aktrise Emma Stone (30) en die sangers Adele (31) en Sam Smith (27) kon nie hul opwinding beteuel toe hulle die Spice Girls tydens hul onlangse Britse toer ontmoet het nie. “Toe Emma Emma ontmoet, #2becomes1,” het Baby Spice, Emma Bunton (43), geskryf oor haar ontmoeting met die Oscarwenner.
Sam, wat agter die skerms saam met twee van Mel B (44) se kinders poseer het, het die vertoning as “ongelooflik” bestempel, en Adele kon nie uitgepraat raak daaroor nie. “Ek het vanaand saam met my naastes en geliefdes gehuil, gelag, geskree, gedans, teruggedink en weer dolverlief geraak op my 10-jarige self,” het sy op Instagram geskryf by ’n foto van haar en die Spice Girl Geri Horner (46).
“Dis geen geheim hoe lief ek hulle het nie, hoeveel hulle…
