LEEU
22 JULIE – 22 AUGUSTUS
Dis nou die tyd om op plesier te fokus
Venus, die plesiersoeker, beweeg vandeesweek in jou teken in, en dit voorspel goeie dinge vir ’n Leeu wat van pret hou. Plesier is nou belangriker as werk. Neem dié week ’n blaaskans en geniet die lewe, of jy nou saam met jou vriende wil uithang, tyd aan jou gunstelingstokperdjie afstaan of kunsgalerye en teaters besoek. En as die begroting dit toelaat, is dit ook ’n goeie tyd om jou geliefde met ’n romantiese vakansie vir twee te bederf.
GELUKKIGE NOMMERS 44, 36, 20, 49, 7, 11
MAAGD
23 AUG – 22 SEP
Wend jou vandeesweek na binne, en gebruik die tyd om ’n bietjie siels ondersoek te doen. Jou planeet, Mercurius, is in trurat, en…
