PAS KLAAR GESKIET
VERGEET MY NIE
Huisgenoot en kykNET se tweede rolprent, Vergeet My Nie, is pas klaar verfilm. Die fliekspan het die afgelope twee maande van Johannesburg na Potchefstroom, Kaapstad, Namibië en selfs Londen gereis. Die inspirasie vir die fliek is Mardaleen en Hugo Derks van Gobabis, Namibië, se ware liefdesverhaal. Dis propvol drama, humor en romanse.
Hugo (Sean-Marco Vorster) en Mardaleen (Marguerite van Eeden) het mekaar op universiteit in Potchefstroom ontmoet, maar soos die noodlot dit wou hê later in dieselfde kommune in Londen, Huis Konettie, beland. En hier het die liefde geblom.
Kykers sal boonop met talle ander kleurryke inwoners van Huis Konnetie kennismaak. Daar is die ernstige Dieter (Pietie Beyers), die opstandige Nicky (Elani Dekker), die vrygees Lara (Kenley Swart), die immer aanpasbare Thea (Amalia Uys),…
