BEELDSKONE vroue wat in skrapse klere voor die kameras wriemel en dans terwyl ’n man die middelpunt van die aandag is – dís die soort toneel wat deur die jare al in hoeveel musiekvideo’s afgespeel het.
Dié keer is die ou wat voor die kameras kletsrym op die oog af ’n bleeksiel met ’n outydse truitjie, strikdas en netjies gekamde kuif – maar dis die refrein wat almal op hol het: Dames, sê my wat jou naam is, my naam is Adrianus . . .
Natuurlik heet hy nie regtig Adrianus nie; hy is Adrian Entwistle, oftewel Biggy, soos hy in die musiekwêreld bekendstaan – en die musiekvideo van sy treffer “Dames” is teen druktyd al 2,1 miljoen keer op YouTube gekyk nadat dit in Mei op die videoplatform gepubliseer…
