JARE lank was hulle die fakkeldraers van opposisiepolitiek in Suid-Afrika, die tweede grootste party by die stembus, en die party wat ’n nierassige politieke huis vir alle Suid-Afrikaners wou bou.
En toe, byna oornag, stort daardie droom skynbaar in duie weens ’n interne stryd om die wese van die Demokratiese Alliansie (DA).
Binne net twee bloedige dae bedank die partyleier, Mmusi Maimane, asook die nasionale voorsitter, Athol Trollip, en die Johannesburgse burgemeester, Herman Mashaba. En terselfdertyd herrys die persoon wie se politieke loopbaan tot onlangs toe skynbaar verby was – die 68-jarige voormalige DA-leier, Helen Zille – in ’n nuwe en invloedryke pos: voorsitter van die DA se federale raad.
In Mei vanjaar, ná afloop van haar termyn as Wes-Kaapse premier, was sommige van haar DA-kollegas verlig oor haar uittrede.…