Vir vanjaar se beeldskone Mej. Suid-Afrika,
Zozibini Tunzi, was 2019 een van haar lekkerste én besigste jare ooit. Dis dié dat sy nie kan wag om Kersfees saam met haar geliefdes deur te bring nie.
“My gunstelingdeel van Kersfees is om my familie te sien,” sê Zozi oor haar pa, Lungisa, ma, Philiswa, ousus, Yanga, en jonger susters, Sibabalwe en Ayakha.
Zozi, wat teen druktyd in Amerika was om daar deel te neem aan die Mej. Heelal-kompetisie, woon deesdae in ’n luukse woonstel in Sandton. Haar pa, Lungisa, werk vir die departement van hoër onderwys en opleiding in Pretoria en haar ma, Philiswa, is ’n skoolhoof op Idutywa in die Oos-Kaap. Haar ouers is in 2011 geskei, maar hulle is ’n hegte gesin. “Ons het ’n Kersfeestradisie waar ons weer…
