Nes die ware liefdesverhaal waarop Huisgenoot, kykNET en The Film Factory se nuwe fliek, Vergeet my nie, gegrond is, het verfilming van dié fliek in Julie verlede jaar in Londen gedraai. Die rolprent is geïnspireer deur die ware liefdesverhaal van die Huisgenoot-lesers Mardaleen en Hugo Derks van Gobabis, Namibië, wat mekaar op universiteit in Potchefstroom ontmoet en later in dieselfde kommune, Huis Konnetie, in Londen beland het. Groot dele van die fliek, wat op Valentynsdag in teaters begin, is in die Britse hoofstad geskiet. “Dis vir my ongelooflik hoe modern ’n stad soos Londen is,” vertel Elani Dekker, wat die opstandige Nicky vertolk. “Daar is soveel verskillende mense en kulture. Ons was ’n klein span, maar ons kon mekaar beter leer ken.”
BEGIN 14 FEBRUARIE…
