WAT bisarre produkte betref, kan niemand by Gwyneth Paltrow kers vashou nie. Dié 47-jarige aktrise het haar omstrede leefstylhandelsnaam, Goop, in 2008 begin, en sedertdien stroom die miljoene in. Haar suksesresep? Absurde, buitensporig duur produkte en twyfelagtige gesondheidsraad.
Maar Gwyneth se jongste produk is waarskynlik haar vreemdste nog: ’n kers wat This Smells Like My Vagina heet. Dié kers sal jou sowat R1 100 uit die sak jaag.
Ondanks die naam bevat dit darem konvensionele reukelemente soos bergamot, seder en roos om ’n stemming van “gesofistikeerde warmte, fantasie en verleiding” te skep.
Klink dit vir jou soos peperduur bollie? Wel, daar is nog baie daarvan op Goop se webtuiste . . .
BRONNE: RANKER.COM, GOOP.COM, PAGESIX.COM, ALLURE.COM, MARKETWATCH.COM
The Boss se kroos
As daar ’n brand is in Jersey City,…