DALK meer as in enige ander jaar in die onlangse geskiedenis kan die wêreld vanjaar met ’n bietjie Kersvadervreugde doen.
En as daar nou een plek is wat weet hoe belangrik dit is om dié tyd vrolik te maak, is dit Rovaniemi.
Die inwoners van hierdie stad in Lapland, Finland, het dit as die tuiste van Kersvader verklaar.
Hier kan kinders (en volwassenes) met die bebaarde oom gesels en die bekoring van sy huis ervaar.
In sy kantoor sorteer sy helpers hope briewe van oral in die wêreld – elkeen vol Kersfeesversoeke van kinders.
Rovaniemi se amptelike Kersvader (ouderdom onbekend) ontvang elke jaar honderdduisende briewe uit al die lande van die wêreld, met China, Pole, Italië, Brittanje, Japan en Rusland boaan die lys.
’n Kennisgewing in die poskantoor in die…