Besoek ons webtuiste, huisgenoot.com, vir ’n daaglikse horoskoop.
WATERDRAER
21 JAN – 18 FEB
Volg ’n vars benadering tot idees, kommunikasie en konsepte wanneer Mercurius, die meester van die verstand, vandeesweek jou teken betree. Dit is ’n tyd om waaghalsig en vreesloos te wees en die nuwe en onbekende te beproef. ’n Vonk van energie kan ’n borrel van selfvoldaanheid laat bars – nie iets waaraan jy gewoonlik skuldig is nie. Struwelings by die huis kan nie uitgesluit word nie, maar staan sterk as ’n baasspelerige mens probeer bevele uitdeel.
GELUKKIGE NOMMERS 9, 33, 3, 44, 46, 28
VISSE
19 FEB – 20 MRT
’n Vriendskap kan dié week ’n ander betekenis aanneem, hetsy ’n platoniese vriendskap ’n romanse word of jy die diepte van ’n band met ’n vriend…
