Wie beter om jou oor selfversorging te leer as jou ma? En as dié ’n gewese Mej. Suid-Afrika is, is jy ander ’n tree voor. Die model en sakevrou Cindy Nell-Roberts, wat haar eie kosmetiese maatskappy het, se dogter, die sewejarige Aenea, volg reeds in haar ma se voetspore.
Aenea stel al van vyfjarige ouderdom in skoonheid belang en geniet al van ses af manikure en pedikure. Sy spog selfs met haar eie YouTube-kanaal, Aenea’s Amazing Adventures, wat op mode en skoonheid fokus en deur haar model-ma geïnspireer is. Volgens Cindy, wat ook ’n seun, Ethan (9), het, mag haar dogter nie maskara of lipstiffie dra tensy dit ’n spesiale geleentheid, soos ’n prinsespartytjie, is nie. “Ons geniet dit om prettige dinge saam te doen soos om haarmaskers van natuurlike…
