LEAH
Die sangeres en haar man, Hennie van Niekerk, het hul twee Jack Russells, Muggie en Lila, meer as sewe jaar gelede geërf toe Hennie se pa, Danie, oorlede is. “Ek was nie eintlik ’n hondemens nie, maar toe hulle die dag in ons huis instap, het ek hulle as my eie aanvaar. Hulle het my lewe verander en hulle is alles vir my,” sê Leah. “Muggie is 10 jaar oud en eintlik ’n mens, want sy kyk diep in jou siel, maar praat nie. Lila is agt en lyk steeds soos ’n pasgebore hondjie. Haar pels is net vel en hare, dis crazy.”
TAMARYN GREEN
Die voormalige Mej. Suid-Afrika het twee bostonterriërs, Biscuit (links) en Oreo (regs). “Oreo se swart-en-wit voorkoms het ons aan ’n Oreo-koekie laat dink,” vertel…
