Besoek ons webtuiste, huisgenoot.com, vir ’n daaglikse horoskoop.
RAM
21 MRT – 19 APR
Met dié dat jou heersende planeet, Mars, vandeesweek by die spraaksame Tweeling inbeweeg, dra jou idees waarskynlik veel meer gewig as waarvoor jy jouself gewoonlik erkenning gee. Dit is boonop ’n gunstige week om by gemeenskapsprojekte of maatskaplike bewustheidsgroepe betrokke te raak of binne ’n nuwe vriendekring deel te neem. Dit sal jou heel waarskynlik opbeur, dankbaar maak en laat voel jy is nou op ’n goeie plek.
GELUKKIGE NOMMERS
29, 42, 28, 21, 20, 32
BUL
20 APR – 20 MEI
Jou lewensmaat of eggenoot is moontlik die dryfkrag agter jou begeerte om jou verdienstevermoë te verbeter. Beskou dit eerder as aansporing as beheer en jy sal graag saamstem en daartoe instem. Die goeie nuus…
