THAISE VISKOEKIES MET TAMATIESARDYNE
Ons gee ’n Thaise geur aan dié staatmakerviskoekies. Sit dit voor saam met ’n vars slaai, aartappelwiggies of kapokaartappel.
GENOEG VIR 4-6 MENSE
BEREIDING: 15 MIN.
VERKOEL: 1 UUR
GAARMAAK: 15 MIN.
◗ 1 x 400 g-blik sardyne in tamatiesous, gedreineer◗ 1 x 170 g-blik tunastukke, gedreineer◗ 1 rooi brandrissie◗ 1 sitroengrasstingel◗ 2 knoffelhuisies◗ 4 stingeluie◗ 5 cm-stuk vars gemmer, geskil en grofgekap◗ ’n groot hand vol vars koljanderblare, grofgekap◗ sout na smaak◗ 1 eier◗ 60 ml (¼ k) meel◗ 2 stafies Weet-Bix, fyngekrummel◗ olie vir vlakbraai
VIR VOORSIT
◗ vars slaai, kruie en lemmetjiewiggies
1 Vlok die gedreineerde sardyne rofweg en meng met die tuna.
2 Plaas die brandrissie, sitroengras, knoffel, stingeluie en gemmer in die bak van ’n voedselverwerker en pols tot fyn. Voeg…
