OP DIE GROOTSKERM
THE MAURITANIAN
Waaroor gaan dit?
Dié fliek is gegrond op Mohamedou Ould Salahi se 2015-boek, Guantánamo Diary.
Dis die ware verhaal van Mohamedou (Rahim), van Mauritanië in Noordwes-Afrika, wat ná die 9/11-terreuraanvalle in Amerika 14 jaar lank in die Guantánamo Bay-aanhoudingsentrum aangehou is sonder om aangekla of verhoor te word.
Dele van die sterbelaaide fliek is in die Kaapstad-omgewing geskiet. Dit spog met sterre soos Jodie Foster, wat Mohamedou se prokureur, Nancy Hollander, speel, die Divergent-ster Shailene Woodley, wat die rol van haar assistent, Teri Duncan, vertolk, en die akteur Benedict Cumberbatch, wat die die weermagaanklaer lt.kol. Stuart Couch speel.
Is dit die kyk werd?
Dié roerende verhaal plaas die klem op die onreg wat gepleeg is teen ’n gevangene wat aangehou is sonder om aangekla te…