OM ’n nuwe aanlyn platform te gebruik is nie altyd so maklik nie. Daarom wys ons jou vandeesweek stap vir stap hoe om te maak as jy ’n raaiselbondel met jou gunstelingspeletjies op Huisgenoot se nuwe digitale raaiselplatform, Huisgenoot Raaisels, wil koop.
En wees gerus, as jy die stappe eers baasgeraak het, sal jy sommer gou gemaklik op dié toeganklike webtuiste op jou slimfoon, rekenaar of tablet ons blokraaie, woordsoeke, sudoku’s en koderaaisels kan doen.
Ja, dis reg, jy kan dan enige tyd aanlyn speel en hoef nooit weer sonder raaisels in die palm van jou hand te wees nie!
In ’n neutedop: Op die webtuiste Huisgenoot Raaisels, ondersteun deur Netwerk24, kan jy Huisgenoot se raaisels – soos blokraaie, koderaaisels, woordsoeke en sudoku’s –aanlyn op jou selfoon, rekenaar of tabletrekenaar…