DIE aanbieder van Boer soek ’n vrou, MARCIEL HOPKINS, en haar man, HANDRÉ LOURENS, het onlangs in die Boland afgehaak. Die pasgetroudes het kort daarna afgesit Frankryk toe vir hul wittebrood.
“Ons is bederf met wonderlike weer, fantastiese kos en heerlike ervarings,” vertel Marciel. Sy het al voorheen Frankryk besoek, maar dis Handré se eerste besoek aan dié land. Hy het boonop die hele romantiese Franse wittebrood self beplan. “Ons doen drie dele van Frankryk, so elke week voel heeltemal anders, want die land is so groot, kultuurryk en divers,” sê sy.
Hulle het die strate van die Franse hoofstad, Parys, platgeloop en al die groot besienswaardighede besigtig. “Ons het in ’n dakwoonstel gebly met die mooiste uitsig oor die Montmartre, en ons het byna elke dag iewers met ’n…
