1 Die Amerikaanse dansrockgroep het in 2015 hul debuutsnit, “Cake by the Ocean”, uitgereik, wat ’n groot treffer was. Hulle het onlangs weer groot sukses gehad met die danstreffer “Dancing Feet” saam met die Noorweegse DJ Kygo. Die oorwurm is al meer as 45 miljoen keer op Spotify geluister en die musiekvideo is al amper 7 miljoen keer op You-Tube gekyk. Nou is hulle terug met nóg ’n aansteeklike snit, “Move” – hul eerste nuwe liedjie in vier jaar.
2 Die groep bestaan deesdae uit die hoofsanger, Joe Jonas, die tromspeler, Jack Lawless, en kitaarspeler, JinJoo Lee. Die basspeler, Cole Whittle, wat aanvanklik deel van die groep was toe dit in 2015 gestig is, is nou nie meer daar nie. Die groep het in 2018 ’n blaaskans gevat en Cole…
