AS JY alewig jou gesin se poedel van die meubels afjaag, is die 70-jarige Shana se huis jou idee van die hel.
Hier doen haar altesaam 99 troeteldiere – honde, varke, hoenders, goudvisse, perde, katte, ’n lama, ’n kraai en ’n skilpad – letterlik hul ding net waar hulle wil. Haar man, Jeff, het al die matte laat verwyder weens die gemors, en haar ma, Noelie, sukkel om asem te kry so tussen al die reuke en dampe deur.
Maar Shana het vrede met die plasse urine en swerms vlieë. Ook die krapmerke en dierehare wat elke oppervlak bedek, skeel haar min. “Jy kan nie ’n diereliefhebber wees en net een soort dier hê nie,” laat hoor sy.
Sy is nie die enigste een wat so leef nie. Daar is…