‘Bzzzzzzzz …”
“Ag nee, toe nou!” sê Palawa die kameelperd en waai met haar poot deur die lug.
“Bzzzz … bzz … bzzzzz …”
“Bibi! Paloeka! Hierdie vlieg wil my net nie uitlos nie! Sjoe, gaan weg, jou lastige vlieg!” sê Palawa en koes. “Oukei, dit lyk of die vlieg die hasepad gevat het. Dankie tog! Wat is die vraag van die dag, Bibi?” vra Palawa.
“Wag ’n bietjie! Waar is die hasepad?” vra Paloeka die leeu.
“Nee man, Paloeks, dis nie ’n regte pad nie. Om die hasepad te vat beteken jy laat spat, kry jou ry, gaan weg, verdwyn, totsiens, tatta, ons gaan jou nie weer sien nie,” verduidelik Palawa.
“O, ek sien!” sê Paloeka en knik sy kop.
“Maar Bibi, jy was op die punt om vir…