DIS Maandag 8 Augustus, die vooraand van Vrouedag, en ’n skare is byeen in Kaapstad se Grand-West Grand Arena om deur plaaslike talent vermaak te word. Maar dan neem dinge onverwags ’n dramatiese wending.
Die sanger Craig Lucas, wenner van The Voice South Africa, betree die verhoog met trane vlak in sy oë. Hy wil iets met die gehoor deel, vertel hy.
Sy broer, Warren, en skoonsuster, Arlene, is in Maart vanjaar in hul huis in Proteahoogte, nie te ver daarvandaan nie, vermoor. En Craig, wat sedertdien emosioneel teen die planke is, gaan hierdie geleentheid gebruik om ’n spesiale eerbetoon aan Warren en Arlene te doen.
Vir hulle gaan hy “I Will Always Love You” sing – die roerende lied van Dolly Parton wat later jare deur Whitney Houston so…