DIS reënerig en koud toe Bibi en die Babbels – Paloeka die leeu en Palawa die kameelperd – by die Babbelboomhuis aankom.
“Kry jy nie koud nie, Palawa?” vra Bibi. “Waar is jou serp? Dit reën katte en honde daar buite.”
“Ai, Bibi, ek is so haastig by die deur uit dat ek heeltemal van my serp vergeet het,” sê Palawa.
“Waarvan praat jy, Bibi? Toe ek buite was, het ek net plasse en plasse water gesien en baie waterdruppels. Waar het jy die katte en honde gesien?” vra Paloeka.
“Nee, Paloeks,” lag Palawa. “Bibi bedoel net dit reën vreeslik hard daar buite. Dit is wat dit beteken wanneer jy sê dit reën katte en honde,” sê sy.
“Oukei, oukei, ek verstaan nou,” sê Paloeka.
“Is julle reg om na…