◼ Senter Venter, befaamde oudrugbyspeler en ondervoorsitter van Huis Madeliefie se beheerraad.
◼ Wieletjies Weyers, gewese motorbandmagnaat van Brakpan wie se spaarvarkie glo bult van die geld.
◼ Nella Vos, wat in die inperking oornag sterstatus bereik het met haar topverkoperkookboek, Frikkadelle, begrafnisrys en kaboemielies.
◼ Jafel Davel met sy bos uitsonderlike blonde krulhare met ’n kunsmatige skynsel, pap mondjie en ewe pap handdruk.
◼ Aretja Davel, 88-jarige oujongnooi, oorspronklik van Jacobsdal waar sy joga-en kunsklasse gegee het, met ’n skreeustemmetjie wat groot ooreenkomste toon met die nagroep van ’n spreeu.
◼ Stoffelina Hanekom, ’n mollige meisie met grasgroen hare, ’n ring aan haar onderlip en ’n tatoe van ’n drakie in die nek.
◼ Proppie Peens, ’n veiligheidsoperateur met ’n koeëlronde rooi, besproete gesig en ’n flits, knuppel, selfoonhouer, verkyker…