JOU kind se toekoms is iets waaroor menige ouer snags wakker lê, en in hierdie vinnig veranderende wêreld is dit ook geen wonder nie.
Teen die jaar 2025, voorspel navorsers, sal die werk van 85 miljoen mense wêreldwyd deur robotte gedoen word. En hulle reken 65% van die beroepe wat vandag se laerskoolkinders wel eendag sal kan beoefen, moet nog “uitgevind” word.
Hoe op aarde rus jy jou kind toe vir ’n wêreld waar die beroepe van hul ouers en grootouers nie meer bestaan nie?
Een opsie is ’n unieke, toekomsgerigte skool wat Januarie vanjaar in Sunninghill, Johannesburg, geopen het.
Hier sit kinders op kleurvolle sitsakke rond terwyl hulle op hul skootrekenaars vakke soos programmering, kriptogeld, komponering, videoredigering en podsendings leer.
Kortom, die vaardighede om ’n nuwe Steve Jobs of…