Of dit nou koue hande, die bodem van ’n whiskeyglas of ’n huisie in die bos is – Juan Boucher kan ’n treffer van enigiets maak, en aanhangers is gek oor sy musiek.
So gek dat ’n musiekvideo vir sy enkelsnit “Koue hande” meer as 2 miljoen keer op YouTube gekyk is. Ja, 2 miljoen keer.
En nou, kort ná die sukses van die snit, het Juan pas sy jongste liedjie uitgereik – ’n roerende ode aan sy dogtertjie en aan dogters oral, so ewe getiteld “Dogter”.
Die rasperstemsanger en sy vrou, Shamodene, se dogter, Novah, is op 2 Februarie gebore. Hy en Shamodene is in Maart verlede jaar getroud.
“Ek wil eendag op hierdie liedjie met my dogter by haar troue dans,” sê Juan oor sy jongste snit. En…