As jy in die skuld verdrink, wil jy dalk moed opgee omdat jy dink daar is geen manier dat jy ooit aan jou probleme gaan ontsnap nie. Maar, sê twee kenners met wie Huisgenoot gesels het, ongeag hoe groot jou skuld is, daar is hoop – solank jy by die regte plek om hulp aanklop, bereid is om hard te werk en geduld het.
Benay Sager, hoof van Debt-Busters, en Charnel Collins, uitvoerende hoof van National Debt Advisors, deel hul wenke.
JY SKULD TE VEEL. WAT MOET JY EERSTE DOEN?
Sorg eers dat jou gemoed op die regte plek is, sê Charnel. “Jy moenie te hard op jouself wees nie. Ons lewe in ’n ekonomiese klimaat waar miljoene Suid-Afrikaners sukkel om kop bo water te hou.”
Jy is nie die…